Welkom by Bessie-Blom
Ons is 'n klein, familiebesigheid gewortel in liefde, kreatiwiteit en generasies se handwerk. Ons bestaan om God te eer en ons wens is dat almal Sy liefde moet ervaar. Ons passie lê daarin om unieke, hartlike stukke vir babas en ma's te maak wat net so funksioneel en betekenisvol is as wat hulle mooi is.
Ons Storie
Geïnspireer deur die aankoms van my eersteling, Esther (sy het gou die bynaam 'Bessie' aangeneem), het ek en my ma begin om leer- en hekelstukke te skep wat beide stylvol en betekenisvol was. Ouma Lindie se lewenslange liefde vir hekel en my passie vir borduurwerk en enige iets met leer, het saamgesmelt om iets werklik spesiaals te skep - en ons heke en borduur sedertdien herinneringe. Ons het onlangs die geleentheid gebied vir 'n jong dame om by ons werkswinkel aan te sluit waar sy haar tyd belê om ons te help om u bestellings te produseer. Ons is trots om ons plaaslike gemeenskap te dien met kwaliteit handgemaakte goedere wat die lewe, familie en tradisie vier. Dankie dat u ons winkel besoek het en deel is van ons storie. Ons kan nie wag om iets spesiaals net vir jou te skep nie.
Met liefde,
Mamma Luricke & Ouma Lindie